Oor Kanniedood – ‘n onderhoud met Joha van Dyk

Dit het begin met die brander jaers en nou is ons drie boeke in en net so vasgevang soos die eerste een. Joha van Dyk het ‘n ongelooflike talent as dit kom by stories – veral haar vermoë om karakters te skryf wat aan jou hart vas klou en storie lyne wat jou na die volgende boek met mening dryf. Die bende jaers het vinnig populariteit bereik met hulle plaaslike gebruike en stories wat by almal ‘n aanklank sal vind. 

Ek het die besonderse voorreg gehad om met Joha ‘n onderhoud te kon voer via epos en bietjie meer te kon leer van haar, haar skryfwerk, haar planne en haar gunsteling karakters.

Oor Joha:

Joha van Dyk is ’n nagraadse student aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy het grootgeword op ’n plaas in Kleinzee, Namakwaland. Sy het haar Meestersgraad in Engels in 2020 verwerf, cum laude. Tans werk sy aan haar Phd in Engels, terwyl sy deeltyds tutor. Van haar gedigte is opgeneem in Penseel en Versindaba. Branderjaer was haar debuutroman in 2020. 

Albei my hoofkarakters in hierdie boek is ‘n kanniedood – ‘n surviver en ‘n vasbyter – op hul eie manier. ‘Kanniedood impliseer ’n sekere strength, ’n standvastigheid en taaiheid wat beide die Palmer-kinders embody. Kalla is ’n bitter sterk vroue-karakter, sy het geslagsgeweld oorleef en weier om op te gee, weier om op te hou oorleef en Ben se oorlewing binne die bende-kultuur, binne Stormbaai is ook belangrik tot die verstaan van ‘Kanniedood’. 

Vandat ek die noemname vir die Branderjaers in ’n blokkiesraaiselwoordeboek gevind het het ek geweet elk van die karakters  persoonlike storie sal te groot wees om binne die ‘side-character’ of ‘supporting character’ posisie te bly. Die idee dat elkeen van hulle ’n ondersteunende karakters kan wees en tog hul eie lewens lei as protagoniste was ook vir my belangrik, want dis tog hoe dit werk in die regte wêreld. Ons is in sommige mense se lewens randfigure waar ons hoofkarakters in ons eie lewe is. So, die titel “Kanniedood” was ’n natuurlike volgende tree in die groter verhaal van die Branderjaer-Sage. Maar ek moet sê, so ver is dit my gunsteling. Die manier wat die titel gespasieer is op die voorblad : Kan – Nie – Dood is vir my ongelooflik treffend en dra sy eie betekenis by tot die Palmers se verhaal.

Ek dink altyd aan Branderjaer en Vuurvreter as die inleiding boeke (alhoewel jy elke boek op sy eie kan lees met genoeg agtergrond binne die eerste paar hoofstukke om jou op te catch). Branderjaer stel ons voor aan die Jaers en ons groter cast of characters wat later in belangrik gaan word. Dit stel jou voor aan Stormbaai, die politiek en ons groot antagoniste. It sets the tone. Vuurvreter stel jou voor aan die mitologie en die mistieke elemente rondom Stormbaai, asook Chancer Bay en jy kan effe dieper in die politiek indelf en hopelik tot die afleiding kom dat daar nóg kragtiger figure in die agtergrond is wat nog nie betrokke is by Stormbaai se onderwêreld nie. 

Kanniedood is vir my die vonk – letterlik en figuurlik – van die rewolusie, die rebellie van die Jaers. Die Branderjaers se torment binne Breekwater, binne die Arena, het begin met Kalla Palmer se aanval en oorlewing. Kalla is moeg van bloot oorleef, veral wanneer haar pa – die bendeleier van die Urchins – terugkeer na Breekwater en skynbaar ’n gang-oorlog wil begin. Dit is asof sy wakker skrik wanneer haar pa terugkeer. In plaas van net laag lê soos sy die afgelope paar jaar het, face sy die feit dat daar ander meisies is soos sy, ander kinders wat nie die beskerming het van familie-lede of allies soos die Branderjaers nie. En sy is nie tevrede daarmee nie. Natuurlik word die Branderjaers hierby ingesleep – alhoewel ingesleep dalk verkeerd is. Dis hulle instink om te help, te ondersteun. Hulle is broers. Hulle is familie. Kalla is dus ook hul familie. En sommige van hulle (cough, Jak) is baie keen om brand te stook. Kanniedood is dus die spark. Die bendes begin aktief raak en die tieners raak baie meer betrokke as wat hulle was. 

 Ek hoop lesers loop weg met die idee dat alles nie altyd swart en wit is nie. Daar is ’n belangrike grys afdeling wat ons nie altyd kan ignoreer nie. Ek hoop lesers kan wegloop en minder alleen voel. Hierdie karakters se groot struikelblokke is universeel – seksualiteit en geslagsgeweld – en as een persoon kan wegloop en iets kon wegneem van die boek, gesien voel, of net bietjie meer begrip vir mense kan hê wat anders is as hulle, sal ek gelukkig wees. 

Ek dink persoonlik dis die karakters. Hulle is vir my reeds so werklik en hulle struggles, hulle trials en tribulations raak vir my soveel soos dit vir hulle raak. Hulle het uiteenlopende, unieke persoonlikhede en is so veelsydig, ek dink elke leser kan iets van hulleself in elk van die karakters vind. Jy wil weet wat gaan met hulle gebeur. Jy wil weet of hulle hierdie sal kan uitfigure en waarnatoe hulle oppad is. 

Dis bitter moeilik. Suid-Afrikaanse gang culture is die basis van hierdie boek. Dit het baie navorsing geverg en dit was fassinerend en meesleurend toe ek eers begin het. Ek dink dis verskriklik belangrik dat ons meer daarvan leer, veral in ons land waar dit so uniek is. Ek dink dis belangrik om dit te verstáán en te verstaan dat agter die nuusstories oor dwelms en shoot outs en hits is daar ma’s, kinders, gesinne en vriende wat ly daaronder. 

Maar, nes elk van die boeke, het elke karakter hul hoof temas. Ben s’n sou ek beslis sê is seksualiteit en masculinity. Kalla s’n is sexual assault en feminisme. Die tema van identiteit is ongelooflik belangrik, nes in elke boek, sowel as boelie, broederskap/vriendskap en PTSD (mental health).  

Sjoe, dis moeilik en tog maklik. Ek het op ’n stadium ’n blok gehad tydens die skryfproses en ek het in my onderbewussyn presies geweet hoekom. Daar is ’n gesprek wat gebeur tussen Ben en sy pa rakende die bende en sy posisie daarin, sy legacy so to speak. Dit het my beslis laat vashaak, omdat ek juis dit met sensitiwiteit wou skryf. Nog ’n toneel sien ’n groot konflik tussen ons hoofkarakters en dit was uiteraard moeilik om te skryf omdat al my hoofkarakters op een plek was en met mekaar kommunikeer. Die konflik was moeilik, want ek het geweet dit kom en dit het my hartseer gemaak om my karakters hartseer te maak – as dit sin maak? Die tonele rondom Breekwater, wanneer daar skietgevegte en onmin uitbreek was intens gewees. Ek moes baie navorsing doen – onderhoude met bendelede kyk, videos van hierdie tipe konflik in Suid-Afrika, boeke en boeke daaroor lees – en dit was erg gewees, maar broodnodig. Nie net om dit reg te skryf nie. Maar ook omdat ek ’n Suid-Afrikaner is. Dit is baie moeilik om deesdae na mense/omstandighede in die Kaap te kyk sonder om dit terug te trace na die geskiedenis wat ek in Don Pinnock se boeke gelees het en ek is dankbaar daarvoor. 

Om twee coloured karakters te skryf was ook memorable. Dis uiteraard nie my storie nie. So, ek het my bes gedoen om in hulle koppe te klim en hul ervaringe akkuraat te skryf. Ek het baie raad van baie mense gekry, vir ure gesit met my vriendin Nienke om die lingo en taal reg te kry en menigte sensitiwiteits lesers betrokke gekry om seker te maak hul stories word met die regte hoeveelheid sensitiwiteit hanteer. Dit voel soos ’n skill wat ek nou bygekry het. Wanneer ek weer ’n coloured karakter se storie gaan skryf sal ek dieselfde moeite/navorsing insit, maar sekere elemente daarvan sal makliker wees, juis omdat ek leer met elke probeerslag.

Ek sê altyd: skryf. As ‘n jong skrywer het ek opgelet ek hou daarvan om te praat oor hoe ek ‘n skrywer wil wees en op ‘n stadium moes ek besef ‘oukei, wel listen jy moet nou skryf’. Jy moet nou actually iets skryf. Ek sou ook sê, moenie bang wees om jou manuskrip in te stuur nie – doen goeie navorsing oor by wie jy wil uitgee. Ek is ontsettend dankbaar dat ek by Human en Rousseau aanvaar is – dit was my eerste keuse en sonder hulle, sonder my uitgewer, Simone Hough, sou die Branderjaer reeks nie kon wees wat dit is en wat dit gaan wees nie. Maar die punt is dit verskil vir almal, so doen goeie navorsing, maak ‘n doelwit van waar jy wil wees en go for it. Stuur dit in. Neem hulle kommentaar in ag. Edit. Moenie bang wees vir kommentaar en redigering nie. Dis belangrik en dikwels weet hulle meer of beter. Meeste van die tyd. Stick to your guns when it’s necessary, maar weet ook wanneer om te buig. Dit sal ‘n gut feeling wees.

Ek is tans besig met ’n manuskrip, ek herskryf dit – dis iets van jare gelede en het ’n streng deadline, so dis my hoof fokus so tussendeur my PhD-hoofstukke. Ek is ook besig met die vierde boek in die Branderjaer-Sage. Daar sal in totaal ten minste vyf wees. Maar daar is nog baie stories wat brand om vertel te word. Ek kort net tyd.

Leave a comment