A huge thank you to @penguinbooksya for #gifting me a copy of Percy Jackson en die Weerlig dief.

So for those who don’t know, English is my second language. I’m raised and taught in Afrikaans. That being said I tend to read more English. I do enjoy Afrikaans books, but our variety is a bit limited when it comes to fantasy. So I was super excited when I saw they translated one of my favorite Greek mythology inspired series to my home language. This series is absolutely fantastic and something I can easily recommend to any kid. (Or adult)
This book review will be in Afrikaans as the copy in the picture is Afrikaans.
Wat ‘n avontuur! Percy Jackson en die weerlig dief is ‘n warrelwind avontuur vol mitiese en legendariese karakters wat jou sal gryp na reisgidse en geskiedenis boeke. Percy is die seun van die Griekse god Poseidon. En tegnies, mag hy nie bestaan nie. Die 3 hoof gode het ‘n ooreenkoms na ‘n gewaagde voorspelling aan die lug gekom het. Nou is Zeus se Meester weerligstraal vermis en Percy is die hoofverdagte.
Dinge loop nie helemal soos dit moet nie en Percy bevind homself by die legendariese Kamp Halfbloed.
En dis nog net die begin!
Rick Riordan is n meesterskrywer. Sy fiksionele wêreld bring beide realistiese en mitiese wêrelde op n kreatiewe wyse saam sodat jy skaars agter kom jou verbeelding moet jou lei. Uitsonderlik beskrywend en fantasties vertaal deur Jaco Jacobs. Hierdie is definitief ‘n boek wat op elke kind se rak hoort.
Ek is ‘n groot aanhanger van die karakter Annabeth, dogter van Athena. En my man hou van Grover. Al die karakters is maklik assosieerbaar en voel soos ou vriende. Ons wil beslis deel word van die Kamp Halfbloed bende.
Ideal vir verbeelding ryke jong lesers van die ouderdom 11 en op, wat droom van fabelagtige avonture en aksie gelaaide bladsye.
*the synopsis is in Afrikaans as this post features the Afrikaans version of the book*

About this book:
ISBN 9781485900641
Format Paperback
Published March 2021
Percy Jackson is op die punt om uit sy kosskool geskop te word…al weer. En dis die minste van sy probleme. Die afgelope tyd maak allerhande mitologiese monsters en gode van Olimpus hulle opwagting in Percy se lewe, asof hulle so reg uit die blaaie van ‘n handboek oor die Griekse mitologie gestap kom. Boonop is ‘n paar van hulle woedend vir hom. Zeus se meesterweerligstraal is gesteel, en Percy is die hoofverdagte.
Nou het Percy en sy vriende net tien dae om Zeus se gesteelde eiendom op te spoor en terug te besorg, anders gaan daar oorlog op Olimpus uitbreek. Maar as hy sy heldetaak wil voltooi, sal Percy meer moet doen as net die dief vastrek – hy sal vrede moet maak met die pa wat hom nie wou hê nie; hy sal die raaisel van die Orakel moet oplos wat hom waarsku dat ‘n vriend hom gaan verraai, en hy sal ‘n konkelplan moet probeer fnuik wat magtiger as die gode self is.